Local newsNews

Man dood op N12

Gareth (29) is Donderdag 12 Junie dood nadat hy van agter af in ’n trok wat stadig op die N12 gery het, vasgery het.

“Lewensgroot,” terwyl me. Magda Ellis sukkel om haar emosies te beheer het sy dié een word gebruik om haar oudste seun, Gareth, te beskryf.

Gareth (29) is Donderdag 12 Junie dood nadat hy van agter af in ’n trok wat stadig op die N12 gery het, vasgery het.
Dié ongeluk het net na 07:00 gebeur. Volgens ooggetuies wat by die ongelukstoneel verbygery het, was daar nie mis op die pad nie.
Gareth was op pad na Johannesburg vir ’n vergadering.

Me. Ellis het gesê sy het ’n kwartier voor die ongeluk nog met haar seun gepraat en sy laaste woorde aan haar was, “Ek is lief vir jou ma’.
Sy het ver voor haar uitgekyk en stamelend gesê dat die volgende oproep wat sy ontvang het iemand was wat haar gebel het oor die ongeluk.
“Hulle het my nommer op Gareth se selfoon gekry. Die persoon het gesê daar was ’n ongeluk en dit lyk nie goed nie.

Ek het toe gevra of hulle die selfoon vir Gareth kan gee sodat ek met hom kan praat. Dit was ’n paar oomblikke stil toe sê die persoon hulle is jammer hy is dood.”

Wyle Gareth Ellis (29).
Wyle Gareth Ellis (29).

“Dis so bitter seer, ons almal rou, maar ons weet ook dat ons Gareth eendag weer gaan sien,” het me. Ellis gesê.
“Daar was die mooiste volmaan op 12 Junie, maar my seun kon dit nie waardeer nie. Dit is die dag waarop tyd vir ons stilgestaan het,” het Gareth se pa, mnr. Robbie Ellis gesê.

Op Facebook stroom die boodskappe van medelye nog steeds in.
Gareth se meisie, me. Cindy Pinard het geskryf dat sy nie weet hoe om sonder hom aan te gaan  nie. Sy het ook gesê Gareth het nooit haar laaste boodskap aan hom gelees nie, maar dit was ook nie nodig nie wat hy het geweet hoe ontsaglik baie sy hom liefgehad het.

“Ek mis jou ongelooflik baie,” het mnr. Anton Peter Walz geskryf. Behalwe dat hy en Gareth boesemvriende was, was hulle ook mede-eienaars van die bekende koffiewinkel Rostveld in Highveld Mall.

Gareth was voorheen ’n leerder van Witbank High en die Hoër Tegniese Skool.
Daar is nog geen aanduiding wat die oorsaak van die ongeluk was nie.

Sy begrafnis het Woensdag 18 Junie vanuit die Kingdom Hall of Jehovah’s Witnesses in Modelpark plaasgevind.
Hy laat sy ouers, asook sy twee jonger broers, Ethan (12) en Ayrton (9) agter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button