Local newsNews

Oom Piet se houtspeelgoed word toe meer as net ’n stokperdjie

Oom Piet Taljaard (70) is besig om sy eie generasie se speelgoed te deel met die jonger geslag van vandag

Meeste kinders se speelgoed vandag maak geluide en het flikkerende liggies orals.

Vroeër jare was ’n poppie of karretjie, handgemaak uit hout, ’n gesogte en dikwels enigste speelding vir kinders.

Oom Piet Taljaard (70) is besig om sy eie generasie se speelgoed te deel met die jonger geslag van vandag.

Houtspeelgoed wat self gemaak is.

Hy verkoop houtgemaakte speelgoed en items wat hy self maak en verf – speelgoed wat ’n leeftyd lank hou.

Oom Piet se pa was ’n kabinetmaker en na sy afsterwe het hy sy pa se houtwerkmasjiene geërf.

“Ek het eers die houtwerk begin doen as ’n stokperdjie en het sommer net vir my kleinkinders en vriende se kinders speelgoed begin maak.”

Dit was nie lank nie toe het oom Piet se stokperdjie in ’n klein besigheid verander.

Houtspeelgoed wat self gemaak is.

Saam sy vrou, Lenie, wat help met die verf van die speelgoed en bemarking maak hulle ’n ekstra inkomste.

Vir enige navrae of inligting oor hierdie unieke houtspeelgoed, skakel gerus vir Lenie by 083 314 5794.

Houtspeelgoed wat self gemaak is.

  Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking  

Back to top button