Local newsMunicipalNews

Munisipaliteit ag nie riool as probleem – vier jaar later

Hierdie inwoners het steeds hoop in die munisipaliteit gehad oor al die jare dat die rioolprobleem wel eendag uitgesorteer sou word.

Terme soos watertekorte, kragonderbrekings, riool en menige ander probleme lê al vir jare swaar op inwoners se harte en tot dusver is daar nie juis vordering gemaak van die munisipaliteit se kant af nie.

Stank van riool jaag kliënte weg

Sit jouself in die skoene van talle inwoners in die Reynorif woongebied wat al sedert 2016 met ’n aanhoudende probleem van oorborrelende, stinkende riool sit, elke liewe dag…

Op 23 Junie het WITBANK NUUS opgevolg met stories van die rioolprobleem in eMalahleni en het met ’n skok agtergekom dat dieselfde inwoners wat meer as vyf jaar gelede al dié probleme gerapporteer het, steeds sit met riool wat tot in hul storte opstoot.

Riool steek steeds sy stinkende kop uit

Hierdie inwoners het steeds hoop in die munisipaliteit gehad oor al die jare dat die rioolprobleem wel eendag uitgesorteer sou word.

“Ek is raadop, as die werknemers van die munisipaliteit nie ‘strike’ nie, is hulle toe weens Covid-19. Hulle is vinnig om oortyd naweke te werk, maar waar die probleme regtig aandag kort, word net mooi niks aan gedoen nie,” het me. Jo-Ann Oosthuizen  vertel.

Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) raadslid van Wyk 18, me. Salomie Kriel is sy konstant in kontak met die relevante persone wat in beheer is oor die pompstasie in Vulturestraat waar die probleem eerstehands ontstaan het.

Inwoner vies oor stroom riool in sy erf

Inwoners weet dat hierdie ’n groot gesondheidsrisiko is, nie net vir die inwoners wat fisies in hul tuiste met die aaklige aanskouing en reuk moet lewe nie, maar vir almal wat in die gebied rondbeweeg.

“Ek voel regtig vir die mense wat hierdie stryd daagliks moet deurmaak. In die eerste plek is dit só onhigiënies, veral in die pandemie waarin ons onsself bevind. Dan praat ek nie eens van die feit dat hierdie inwoners nie eens hul toilette kan spoel of badwater kan uittap sonder dat die riool opstoot nie,” het Kriel aan WITBANK NUUS gesê.

Dit blyk die dié probeem nie net in een straat voorkom nie, maar dat dit ’n hele pyplyn is wat vanaf Vulturestraat tot in Universelaan op in Minervalaan en Bennie Osler loop.

“Hierdie probleem is al menige kere onder die munisipaliteit se aandag gebring en is hulle definitief bewus daarvan. In die jaarlikse begrotingsvergadering is daar gesê dat hul die pompstasie, asook die probleme gepaardgaande met die stasie sal prioritiseer. Daar was tot nou nog niks verder gerep daaroor nie,” het Kriel bygelas.

WITBANK NUUS het vir die soveelste keer aangeklop by die woordvoerder van Emalahleni Munisipaliteit, mnr. Lebo Mofokeng vir enige terugvoering of kommentaar, maar voor druktyd is nog niks ontvang nie.

Die reuk van riool in Reynorif

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Back to top button