Local newsLocal sportNewsSport

‘Action Sports Witbank’ maak sport speel lekker

Dié sporthuis is die voorste binnenshuise sportverskaffer in eMalahleni asook landswyd.

Met die aaneenlopende pandemie wat die hele wêreld, sy sport en ander aktiwiteite tot stilstand geruk het, het die inwoners van eMalahleni hul honger vir sport uitgeleef die afgelope naweek.

As dit by binnenshuise sportsoorte kom, is ‘Action Sports’ ’n heel nuwe balspel!

Dié sporthuis is die voorste binnenshuise sportverskaffer in eMalahleni asook landswyd.

Op 19 Junie het dié sportlokaal weereens die sportmanne geakkommodeer vir ’n vol dag se sport.

“Die jaar is in vier seisoene gedeel wat elkeen so tussen 10 en 12 weke aaneenlopend is, waar almal een of twee wedstryde teen mekaar speel. Ons ‘Action Sport Olympic Season’ het gestrek vanaf 5 April tot 19 Junie 2021,” het die eienaar me. Janeske Labuschagne verduidelik.

Die resultate van die dag het die goeie spel in elke wedstryd bevestig en was die eindpunte as volg, in volgorde van goud, silwer en brons:

Krieket:

Junior A: Bad Lightning, Extreme Ducks, Super Ducks

Junior B: Leopards, Lawwe Laaities & Ladies 4, Lawwe Laaities & Ladies 2

Mix A: Phoenx Squad, Riot, Bazinga

Mix Social: R18 Wolves, Brilliant Buds, Oldies

Krieket A: Whales, 4Q2, Nomads

Krieket B: New Life, Grimm Reapers, Jamal

Krieket C: Smashers, Average Joe’s, Nickerballz

Krieket D: Hangovers, Avengers, Dot Ballz

Krieket E: The Geriatrics, Under Dogs, RL Vipers

Pa en seun: Lawwe

Netbal:

Ladies: HGH Seniors, Blazers, HGH Babies

Netbal Mix A: Hakunas, Kaalvoet Kinders, Psycho

Netbal Mix B: Marakas, Brilliant Buds, Riot

“Ons bied ’n lys van binnenshuise sport aan onder andere: Junior Krieket (vyf tot 13 jaar), Hoërskool Krieket (14 tot 18 jaar), Mix Krieket, Pa en Seun Krieket, Krieket Liga A-E, Junior Netbal, Vroue Netbal, Mix Netbal en Hokkie,” het Labuschagne ten slotte gesê.

Carli Matthee.
Bertie van Blerck.

Deel jou nuuswenke met ons via:

 

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

 

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

 

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button