Local newsNews

Nuus is in die hoogste rat

Ek dink ons journo’s ly aan ‘fomo’ – ‘fear of missing out’.

Ek het onlangs ’n foto geplaas van  ’n groep mede-joernaliste en die reaksie wat ek daarop gekry het, het my tot stilstand geruk.

Een persoon het kommentaar gelewer en gesê, ‘ja, kyk almal op hulle fone’.

Weg is die dae van tikmasjiene en filmkameras. Die dae van wag tot die koerant op straat verskyn is geskiedenis.

Wat voel soos ’n ewigheid terug was daar geen selfoon of skootrekenaar nie. Mense het huis toe gegaan en die werk is gelos tot môre.

Nou breek die nuus binne sekondes. Alles gebeur nou met die druk van ’n knoppie en ons moet bybly.

Dit lyk partykeer of ons ure op ons selfone of skootrekenaars spandeer, en dit voel ook letterlik so.

Maar, my liewe vriend wat so negatief op my plasing gereageer het, ons wás besig om te werk.

Ander het kantoorure, ons kantoorure is 24/7. Ander gaan geniet gou middagete, ons spandeer ons etensure om stories op die sosiale netwerke te kry, sodat ons lesers op hoogte van sake kan wees.

Vir ons pen-‘warriors’ is dit een spertyd na ’n ander en die bykomende werk, my liewe kommentaar-vriend, word saans by die huis gedoen.

Ek dink ons journo’s ly aan ‘fomo’ – ‘fear of missing out’.

Ander het vakansies, ons antwoord nog steeds ons selfone en doen die onderhoud telefonies.

Die lewens- en werkstempo waarteen ons deesdae ons dae deurjaag laat ’n mens dikwels nie tyd toe om te ontspan nie.

Wanneer die Engelsman wel ’n naweek weg beplan, vra hy altyd of hy ’n plekkie kan kry waar die sein swak is sodat hy en ek kan rus. Hy brom gereeld dat hy nie kan rus as ek ook heeltyd op die swart affêretjie is nie.

Hoe dit ook al sy, ons is passievolle pen-‘warriors’ op ons fone, besig om vir jou die nuutste nuusbrokkies te breek.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telephone: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Email: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

    Witbank News App

     Facebook page

     Witbank News Breaking

Back to top button