Local newsNews

Bloues het top akrobate

Studente van HTS het trofeë en medaljes tydens die akrobatiese geleentheid gewen.

Skole is weer aan die gang en buitemuurse aktiwiteite begin stadig maar verseker weer in plek val. Hoër Tegniese Skool Witbank het drie akrobatiese dansers wat uitstekend gevaar het in hul laaste byeenkoms.

Anthoné Vorster het geskitter met ’n vlak-10 eerste plek telling van 9.517 (goue medalje), ʼn derde plek vir die vlak-8 Elite trofee en ook ’n spesiale toekenning vir die geografie kompetisie.

 

Werner Pelser.

Werner Pelser het ook sy beste gegee en kop omhoog weggestap met ’n vlak-9 eerste plek; sy telling was 9.150 (goue medalje) asook ’n vyfde plek vir ’n vlak-8 Elite.

Luhandrie Visagie het haar mede-deelnemers op hul tone gehou; sy het ’n vlak-6 tweede plek in haar kategorie gewen met ’n telling van 8.917.

HTS Witbank wens elkeen geluk met hul fenominale uitslae en kan nie wag om te sien wat dié drie akrobatiese dansers nog verder gaan bereik nie.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

     Instagram

     Twitter

     Witbank News toep

     Facebook page

     Witbank News Breaking

 

Back to top button