Local newsNews

‘Kom hou ons warm in die snerpende koue’

Kom skenk gerus jou komberse vir ’n goeie doel.

Die koue het offisieel aangeklop en die vooruitsigte is dat hierdie ’n baie koue winter gaan wees.

Daar is diegene wat nie hulself teen die koue aanslag kan beskerm nie omdat hulle net nie komberse het om dit te doen nie.

Sien video hier:

Solidariteit Helpende Hand tesame met Ladies Circle (in formation) gaan op 28 Mei met net somersklere aan vanaf 17:00 tot 22:00 reg buite Ons Winkel Reynorif sit en ‘bibber; vir komberse wat aan dié wat dit nie kan bekostig nie, gegee gaan word.

“Ons het julle nodig om ons in hierdie tyd warm te hou met julle goedheid deur warm komberse by ons te kom aflaai,” het me. Sonja le Roux, voorsitter van die Helpende Hand tak gesê.

 

“Ons kan bietjie warmte en hitte bring in iemand wat nou ’n winter-periode in hulle lewens beleef,” het me. Amy Gallagher van Ladies Circle (in formation) gesê.

Die publiek word genooi om saam met die brawe lede van Helpende Hand en Ladies Circle (in formation) te kom kuier.

Vir meer inligting kontak vir Sonja: 082 894 7950.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking

Back to top button