Local newsNews

#HelpHetta, tekkies & toks, iets vir meisies en seuns

Skenk ’n paar tekkies of tokse aan jou naaste Ons Winkel en maak ’n sporthart weer bly

Die #HelpHetta is ’n nasionale projek deur Solidariteit Helpende Hand uitgerol om meisies te ondersteun wie minstens 33 skooldae ’n jaar mis omdat hulle nie sanitêre ware het nie.

Ons vra graag die gemeenskap om sanitêre ware vir die Hetta-meisies te skenk.

Sodoende maak jy ’n ongelooflike verskil in ’n ander se lewe en skep hoop waar dit so nodig is.

Hierdie ware kan by Ons Winkel Witbank in Jeanettestraat gelaat word of Ons Winkel Reynorif in Gazellestraat.

Tekkies & Toks is ook ’n splinternuwe nasionale inisiatief wat kinders ondersteun deur ’n paar tekkies of tokse aan hulle te skenk en lewe te gee aan hul sportdrome.

Die Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak het weereens die nasionale #HelpHetta verpakking gedoen op Vrydag, 5 Maart en met hierdie geleentheid ook hul video gemaak vir die Tekkies & Toks bewusmakingsveldtog.

Tydens die veldtog moes lede en vrywilligers aantrek soos hul gunsteling sportsterre en die video deel op sosiale media.

Mornè Steyn is die ambassadeur van hierdie projek en die inisiatief word gedryf deur Helpende Hand en die VlokSkop stigting.

Skenk ’n paar tekkies of tokse aan jou naaste

Ons Winkel en maak ’n sporthart weer bly.

Vir meer inligting oor ons projekte, besoek gerus www.helpendehand.co.za of stuur ’n epos aan annemarie@helpendehand.co.za of melissa@helpendehand.co.za.

Deel jou nuuswenke met ons via:  

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking  

Back to top button