Local newsNews

Inwoner vies oor stroom riool in sy erf

Riool wat die strate oorstroom is nie die enigste probleem in eMalahleni nie.

Mnr. Tertius de Lange is woedend oor riool wat in sy erf oorgeloop het. Om sake te vererger het hy homself na die wyksraadslid gewend om uit te vind of die munisipaliteit sal help om die gemors skoon te maak, maar daar was geen reaksie van hulle kant af nie. Sien die video hier:  Riool sypel in inwoner se erf. Eers nadat hy WITBANK NUUS gekontak het en hulle op hulle beurt die munisipale bestuurder, mnr. Sizwe Mayisela gekontak het, is daar beloof om aandag aan die probleem te gee. Riool wat die strate oorstroom is nie die enigste probleem in eMalahleni nie. Na ’n heerlike Hoëveld donderstorm stroom die riool by mangate uit en los ʼn spoor van toiletpapier, sanitêre doekies, gebruikte kondome en menslike ontlasting. “Dit is nie higiënies nie. Daar word veral gereeld op Wyk 20 se WhatsApp-groep gekla oor die riool wat so stroom,” het De Lange gesê. De Lange moet nou ’n nuwe hekmotor insit omdat die riool in sy hekmotor ingestroom het. Mnr. Mayisela het gesê hy het dadelik iemand aangesê om na De Lange se erf toe te gaan om te kyk hoe die probleem opgelos kan word. “Al wat ek vra is dat hulle kom skoonmaak. Die reuk is onuithoudbaar,” het De Lange gesê. Die munisipale werkers het vroeër die week die riool in De Lange se erf skoongemaak. Deel jou nuuswenke met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: wtbnews@mweb.co.za Of volg ons op die volgende platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page              

Check Also
Close
Back to top button