News

Kersfees-klets

WITBANK NUUS het dus ’n paar lekker ‘het jy geweet’ brokkies bymekaar geskraap om daardie kersfees kennis op te kikker vir die tafel.

Daar is niks meer gesellig as die feesseisoen en familie nie, wat nog beter gepaard gaan saam die kersseisoen is die tydlose kerstafel-gesprekke saam jou hartsmense.

WITBANK NUUS het dus ’n paar lekker ‘het jy geweet’ brokkies bymekaar geskraap om daardie kersfees kennis op te kikker vir die tafel.

Wat maak Kersfees ’n feesviering?

Die viering van Kersfees het in ons moderne tyd geweldig kommersieel geraak. Maar onthou, eintlik vier Christene op hierdie dag die geboorte van Jesus in Betlehem soos dit in die Evangelies van Matteus en Lukas beskryf word.

Aangesien geen datums egter in die Evangelies vermeld word nie, weet ons nie vir seker op watter dag Jesus gebore is nie.

Kersdag het nie amptelik bestaan tot om en by 350 n.C. nie, toe pous Julius I verklaar het dat 25 Desember die geboortedag van Christus is.

Hoe oud is Kersvader?

Die antwoord is Kersvader is 1 750 in 2020.

Sedert die begin van die tyd vra kinders oor die hele wêreld dieselfde vraag. Hoe oud het jy gedink hy is? Honderd, duisend, of miskien selfs ‘n miljard jaar oud? Ek is seker dat jy gretig is om uit te vind hoe oud Kersvader regtig is.

Volgens ’n legende is hy in 270 n.C. in ‘n klein Griekse dorpie in Turkye gebore. Alhoewel daar nie presies gestipuleer kan word in watter maand hy gebore is nie, dink sommige mense hy is in Maart gebore. Die enigste ding wat ons seker weet, is dat hy amper tweeduisend jaar oud is.

Prettige kopkrappers vir Kersfees:

Het jy geweet?

  • ’X-Mas’ het eintlik ‘n betekenis; die ‘X’ staan ​​vir ‘Christus’ en is ‘n Griekse afkorting.
  • Rudolph se rooiheid op sy neus word is eintlik ‘n parasitiese asemhalingsinfeksie.
  • Die eerste kunsmatige kersboom ooit was ‘n Duitse boom wat van gekleurde gansvere gemaak is.
  • Spinnekoppe is tradisionele Poolse Kersversierings, want die spinnekoppe het ‘n kombers vir Jesus geweef.
  • Die eerste versierde kersboom was vermoedelik in 1510 in Letland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button