Local newsNews

Vlooimark en ‘Car Sound Off Show & Shine’

Die vlooimark was baie besig en daar was iets vir almal se smaak; van heerlike eetgoed tot lekker bederfies

Die vlooimark en ‘car sound off show & shine’ by Pick n Pay Klipfontein was ’n reuse sukses.

Dit is die derde jaar wat dit hier gehou word en dit word net al hoe groter.

Dit was die semi-finaal van die kompetisie.

Die finaal vind plaas die komende naweek in Johannesburg.

Grace Chatikobo.

Ten spyte van die bietjie reën het die vlooimark en karskou aangehou tot na 22:00.

Baie mense van Natal, Johannesburg, Pretoria en omliggende gebiede het van vêr gekom om deel te neem.

Die vlooimark was baie besig en daar was iets vir almal se smaak; van heerlike eetgoed tot lekker bederfies.

Baie pryse was ook by die vlooimark uitgedeel.

Marlien van Vollenstee.

Daar was ’n lekker ‘raffle’ wat geborg is deur Classic Jewellers en ʼn wisseltrofee vir die beste stalletjiehouer en sommer ook ’n weeklikse ‘lucky draw’ wat elke Saterdag onder die stalletjiehouers gespeel word.

Die mense van die karskou wag ’n jaar vir die wonderlike kans om deel te kan neem by die vlooimark en is dus ook baie opgewonde oor die vlooimark wat dan tot so laat aanhou.

“Baie dankie aan almal wat die dag so aangenaam gemaak het,” het organiseerder Amelia ten slotte gesê.

Indien u wil deel word van die vriendelike vlooimarkers, skakel gerus vir Amelia Petzold by 083 677 6001.

Back to top button