CrimeLocal newsNews

Rowers in eMalahleni het ’n dors om te les

Die rowers het glo eers gemaak of hul drank koop toe die een rower ’n wapen uithaal en die kassiere dwing om plat te lê.

Met die feestyd om die draai word rowers dorser vir alles wat hulle nie het nie, soos drie drankwinkels beroof is die afgelope week.

“Veral met die Kerstyd waarin ons almal is, word meer en meer besigheidsrooftogte gerapporteer by Witbank Polisiestasie,” het polisiewoordvoerder, kapt. Eddie Hall gesê.

Op 13 November helder oordag is twee slagoffers tydens werk deur twee mans geroof in Springbokstraat.

Die rowers het glo eers gemaak of hul drank koop toe die een rower ’n wapen uithaal en die kassiere dwing om plat te lê.

Hulle het toe na bewering die slagoffers agter na die winkel se kluis gevat en hul gedreig om die kluis oop te maak en die kontant aan hul te gee.

Volgens die twee booswigte was die geld in die kluis nie genoeg nie en het ook aangedring op die kasregister se kleingeld.

Hulle het die van toneel gevlug na hulle eers hulself gehelp het met ’n paar bottels drank.

Gelukkig is niemand tydens die rooftog beseer nie.

Op daardie selfde dag is nog ’n drankwinkel deur booswigte binnegedring in Voortrekkerstraat.

Die rowers het glo toegesak op die winkel waar hul een van die werkers omhels het terwyl die verdagte ’n vuurwapen teen hom gedruk het.

Die ander rower het aangedring op al die kontant beskikbaar en het ook ’n onbekende hoeveelheid drank en sigarette saamgevat voor hul gevlug het.

Op 15 November is nog ’n drankwinkel beroof in Tasbetpark waar die rowers weereens voorgegee het dat hul kliënte is en daarna ’n wapen op die eienaar gerig het.

“Hulle het so gemaklik voorgekom so asof hulle weet wat om te doen,” het die eienaar, mnr. Matthew Letosa gesê.

Die rowers het Letosa laat lê op die grond en hom twee keer geskop voor hy oorgegee het en die kontant aan hul oorhandig het.

“Hulle het met my baklei omdat die geld nie genoeg was nie, maar ek het wragtig niks meer gehad nie. Die twee het toe al die sigarette en ’n kas bier gevat voor hulle weggehardloop het,” het hy bygelas.

Witbank Polisie waarsku alle besigheidseienaars om in hierdie tydperk meer paraat te wees met wat om hul aangaan.

“Moet nie baie kontant by jou besigheid aanhou nie. Wees op jou hoede vir enige verdagte persone of gebeure om jou besigheid. Probeer handelsure nie te laat te maak in die aand nie en probeer om nie alleen te wees nie,” het kapt. Hall ten slotte gewaarsku.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button