Local newsNews

Alles oor kleur en kuns

Die werkswinkel het gegaan oor skilder met net die primêre kleure geel, blou en rooi

Die werkswinkel oor kleur-meng en alles wat saam met die kuns van olieverf gaan, was ’n ondervinding en ’n half vir almal wat die klas bygewoon het.

Die kleur-meng klas is aangebied deur Norbert Schling op Vrydag, 11 September.

Norbert is ’n bekende kunstenaar van Pretoria wat 14 internasionale toekennings vir sy kuns gekry het.

Hy het oral uitstallings gehou, onder andere in Hong Kong, Beijing, Taipei, Singapoer, Hamburg, Corke (Ierland), Kalifornië en Times Square in New York.

Norbert Schling en Lida Posthumus.

Die werkswinkel het gegaan oor skilder met net die primêre kleure geel, blou en rooi en dan wit wat nie geag word as ’n kleur volgens Norbert nie.

Die dames het geleer deur om die drie kleure te meng, kan jy enige kleur verkry.

Natuurlik ook hoe om die regte hoeveelhede van ʼn kleur by ander kleure in te meng.

“Dit was inderdaad baie interessant en ons het definitief baie geleer,” het Lucia Botha ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button