Local newsNewsSportBreaking News

Legende in rugbykringe sterf

Die 68-jarige Chris Buitendach is dood nadat hy onlangs met kanker in sy buik gediagnoseer is

Die oud hoofuitvoerende bestuurder van die Pumas is vanoggend oorlede.

Die 68-jarige Chris Buitendach is dood nadat hy onlangs met kanker in sy buik gediagnoseer is.

“Ek het die voorreg gehad om hom die laaste paar jaar goed te leer ken en ‘n rol gespeel dat hy as Pirates se afrigter aangestel is. Chris kon jou in die oë kyk en sy woord was sy eer,” het André Bester van SupaRugby gese.

Andre het gesê Chris het van skolerugby tot SuperRugby ’n baie belangrike rol gespeel. André het hom ’n ‘rugbydienaar’ genoem.

Chris se CV was ellelank, hy het onder andere die Curriebeker met Noord-Transvaal gewen, het Indië ‘n jaar of wat terug help afrig, was hoof van Tukkies se rugbyakademie, en natuurlik het hy die leisels hier in die destydse Witbank styf vasgehou by die Puma Stadion.

“Ek, en sy groot vriendekring gaan hom mis. Die wêreld was ’n beter plek met Chris Buitendach.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button