GalleriesLocal newsNewsNews galleries

Totsiens Vaatjie

Vaatjie, wat vir 24-hour Towing gewerk het, is op 24 Julie oorlede nadat ’n bloedklont klaarblyklik deur sy hart geskiet het

Die geluid van brullende insleepbakkies het deur die lug weerklink as ’n laaste eerbetoon aan Vaatjie Lubbe tydens sy begrafnisdiens.

Vaatjie se begrafnis is Maandag, 3 Augustus by New Life Kerk gehou.

Die diens was so gereël dat begrafnisgangers in hul voertuie kon sit en na pastoor Louis Maré se boodskap luister.

Vaatjie, wat vir 24-hour Towing gewerk het, is op 24 Julie oorlede nadat ’n bloedklont klaarblyklik deur sy hart geskiet het.

Hy was welbekend in die stad en is gereeld gesien waar hy besig was, veral by ongelukstonele.

“Vaatjie se huisgesin was sy grootste vreugde en kosbaarste besitting,” het pastoor Maré gesê.

Sy kollegas het hom beskryf as ’n ware vriend wat altyd liefdevol was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button