Local sportSport

Shumba Ferro’s voor in Puma Liga

Shumba Ferro’s het na die afgelope naweek se liga wedstryde die voortou geneem in die Mpumalanga Liga.

Met nog drie liga wedstryde oor voor die Top 6 uitspeel rondtes begin is beide Ferro’s se eerste en tweede spanne bo-aan die liga.

Ferro’s het die afgelope naweek ook klaar gespeel met Carolina. Die omgekrapte span druk 13 drieë met Carolina wat tevrede moes wees met ’n enkele strafskop. Die halftydtelling was reeds 49-3 in die guns van Ferro’s en met die wedstryd 10 minute kort geblaas wen Ferro’s 89-3.

Jannie van der Merwe (Bolt&Nut speler van die wedstryd) het met sy drie drieë en 12 doelskoppe 39 punte aangeteken met die res van die drieë gedruk deur: Damian Bezuidenhout (2), Buks van der Merwe, Pottie Potgieter, Wayne Dreyer, Izan Green, Leslie Orton, Jackie Smit, Martin Prinsloo, Jaco Marneweck het hul bydrae gemaak in die drieë skouspel.

Die Sasol Tigers en Hurricanes het ook kragte gemeet Saterdag 17 Mei terwyl die Shumba Ferro’s die Carolina spelers die stryd aangesê het.
Die Sasol Tigers en Hurricanes het ook kragte gemeet Saterdag 17 Mei terwyl die Shumba Ferro’s die Carolina spelers die stryd aangesê het.

Onder die voorspelers het Martin Prinsloo, Willie van der Merwe en Jaco Marneweck deurentyd yster spel gelewer. Jackie Smit het sy waarde as baljagter weer gewys en sy werk by die afbreekpunte is wedstryd na wedstryd goud werd vir die span.

Ferro’s speel die naweek weg teen Bethal wat die afgelope twee weke teen onderskeidelik Middelburg en Sasol verloor het. Bethal is egter ’n moeilike span op sy eie veld en Ferro’s gaan moet hard werk om die punte huis toe te bring.

Back to top button