Local newsNews

Motorfiets gly in die pad

Die bestuurder van die motorfiets het minimale beserings opgedoen

’n Man het ’n noue ontkoming gehad nadat hy byna van sy motorfiets afgery is deur ’n ander padverbruiker.

Die insident het by die vurk in Watermeyer en OR Tambo strate plaasgevind op Woensdag, 12 Februarie.

Na bewering het ’n motor voor die motorfiets ryer ingery en dus het die motorfiets gegly.

Die bestuurder van die motorfiets het minimale beserings opgedoen.

Die motorfiets is wel ernstig beskadig.

Noodpersoneel van Legacy Emergency Specialists was sommer gou-gou op die toneel om die beseerde pasiënt by te staan.

Die bestuurder van die motor het nie gestop nie maar wel aanhou ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button