Local newsNewsUpdate

Padwoede-voorval, saak teruggetrek

Volgens ’n betroubare bron is die skikkingsbedrag oor die R5 miljoen

’n Skikkingsooreenkoms is vroeër die week bereik in die padwoede-aanval saak.

Volgens ’n betroubare bron is die skikkingsbedrag oor die R5 miljoen.

Mnre. Johannes Jacobus Viljoen, Pieter de Beer en Hanno Bierman wat daarvan verdink word dat hulle Potgieter en sy vrou, Santie, op 20 Julie aangerand het nadat Potgieter vir hulle toeter gedruk het omdat hulle blykbaar ’n rooi verkeerslig verontagsaam het, het weer Donderdag 5 Desember in Witbank Streekhof verskyn op aanklagte van poging tot moord.

Die driestuk se saak is 11 Desember deur die nasionale vervolgingsgesag teruggetrek nadat die skikkingsooreenkoms deur die onderskeie partye geteken is.

Volgens Potgieter se broer, mnr. Lourens Potgieter is sy broer en skoonsuster aangerand nadat Potgieter toeter geblaas het vir die bestuurder van ’n Dodge Ram bakkie wat blykbaar die rooi verkeerslig verontagsaam het.

“Die bestuurder van die bakkie het glo omgedraai en vir Willem en Santie begin volg, hulle van die pad af probeer druk en keer op keer in die bakkie se passasierskant vasgery.”

“Toe die bakkies tot stilstand kom het Willem uitgeklim en ’n waarskuwingskoot in die grond ingeskiet. Drie van die mans in die bakkie het uitgeklim en Willem oorrompel. Santie se deur kon nie oopmaak nie en sy moes toekyk hoe haar man vir ongeveer 45 minute genadeloos aangerand word.”

Me. Potgieter was ook gedurende die voorval glo aangerand. Hulle albei kry traumabehandeling.

Me. Sya van der Walt, Bierman, Viljoen en De Beer se mediawoordvoerder het gesê hulle het geen kommentaar nie.

Padwoede-aanval – Potgieter steeds op ventilator

OPVOLG: Padwoede-aanval – Potgieter uit teater

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button