NewsSchools

Hoërskool Generaal Hertzog dié skool vir dogterskrieket

Lydia Wilsenach slaan 159 van slegs 125 balle en haar hoogste telling nie uit nie is 90

HGH se eerste dogterskrieketspan is gekroon en stap onoorwonne as 2019 se ligawenners weg.

Hulle eindig ook derde in Mpumalanga.

Op Woensdag, 24 Julie het HGH se eerste dogterskrieketspan aan hulle eerste krieketligawedstryd deelgeneem, min wetend dat hulle al die spanne behoorlik gaan laat les opsê.

HGH A wen Hoër Tegniese Skool Witbank A met 86 lopies, HTS B met 10 paaltjies, Cambridge A met 65 lopies, Cambridge B met 100 lopies, Kanonkop met 148 lopies, Kriel met 8 paaltjies, HGH B met 9 paaltjies en Patriot met 106 lopies.

Die hele span het met elke wedstryd hulle alles gegee en tot elke wen bygedra.

Spelers wat besonder goed presteer het, is Carli Matthee wat in agt wedstryde 257 lopies gemaak het van slegs 180 balle.

Lydia Wilsenach slaan 159 van slegs 125 balle en haar hoogste telling nie uit nie is 90.

Nompumelelo Lerobane het in agt wedstryde 11 paaltjies geneem en Michelle Schoeman het in agt wedstryde 9 paaltjies geneem.

Daar is slegs een liga wat beteken dat skole wat twee spanne het in dieselfde liga deelneem as die A-spanne.

HGH se tweede dogterskrieketspan vaar self nie sleg nie en wen Cambridge B met 8 paaltjies, HTSW B met 9 paaltjies en Kanonkop A met 6 paaltjies.

Hoërskool Generaal Hertzog fokus op elke speler om haar volle potensiaal te bereik.

Die afrigters Anine Olivier (Eerstespan), Cheri Hill (Tweedespan) en die voormalige Protea speelster Cielie Schmahl (hulpafrigter) lei HGH se dogterskrieket tot hoër hoogtes.

Baie geluk aan elke speler wat haar bes gedoen het. Die Maroenspan is besonder trots op julle!

Back to top button