Local sportSport

Die visse het gebyt by Loskop

Die baber wat loshande die eerste plek gewen het, het ’n ongelooflike 11.96 kilogram geweeg

Die Baberfees wat die afgelope naweek by Forever Resort Loskop gehou was, was weereens ’n reuse sukses.

Die kompetisie het Saterdag, 26 Oktober plaasgevind.

Ongeveer 400 mense het die jaar aan die kompetisie deelgeneem.

Hengelaars was al vroegoggend, voor sonop reeds op en om die dam.

Die fees is ’n jaarlikse gebeurtenis by Loskopdam en word elke jaar deur die Albatros Diepsee Hengelklub georganiseer.

Die kontantprys vir eerste plek was ’n merkwaardige R50 000.

Die baber wat loshande die eerste plek gewen het, het ’n ongelooflike 11.96 kilogram geweeg.

Een van eMalahleni se eie inwoners, JP van der Merwe, het die vyfde plek losgeslaan met ’n baber wat 6.5 kilogram geweeg het.

Dit is merkwaardig omdat JP glad nie ’n hengelaar is nie, maar wel vir die pret gaan probeer het.

“Ek het glad nie baie ondervinding met visvang nie en spandeer beslis nie elke naweek langs die waters nie; om eerlik te wees ek het nie eers geweet hoe om die vis uit te trek nie,” het JP laggenderwys vertel.

“Ek was self geskok toe ek hoor ek het vyfde gekom; ek het dit glad nie verwag nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button