EntertainmentLifestyle

Wen die boek

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is

Huis van gruwels is die skokverhaal van die sogenaamde “Springs-monster” wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin weggeneem het, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is.

Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal.

In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het.

In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het.

Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef.

Hierdie boek het opslae gemaak.

Die boek kos net R245.

Lapa Uitgewers gee die week kopieë van die boek aan ons lesers weg.

Om in te skryf, los jou vriendin se naam onder in die kommentaarspasie en deel die plasing met al jou vriendinne.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button