Local newsNews

Vuurwapens dryf slagoffers teen mure uit

Die slagoffer is met ’n vuurwapen gedreig en die slagoffer se vuurwapen is ook gesteel

Drie sake van gewapende roof is by die Witbank Polisie aangemeld in die afgelope week waar inwoners met vuurwapens gedreig en beroof is.

Op Vrydag, 27 September was die slagoffer by ’n winkel waar die alarm afgegaan het toe rowers hom oorrompel en sy voertuig steel.

Die slagoffer is met ’n vuurwapen gedreig en die slagoffer se vuurwapen is ook gesteel.

Op Vrydag, 26 September het die man huistoe geloop met kontant wat hy pas by die bank getrek het en hy was oorrompel deur ’n man in ’n wit Mercedes Benz.

Die kontant wat die man getrek het, is in die voorval gesteel.

Volgens die slagoffer was daar nie nommerplate op die voertuig nie.

Op 24 September is ’n ander vrou van haar selfoon beroof wyl sy gewag het vir vervoer.

Die verdagtes het haar glo ook gedreig met ’n vuurwapen en kontant en haar selfoon gesoek.

Die rowers is slegs weg met laasgenoemde en geen arrestasies is in al drie verbande gemaak nie.

Die sake word steeds ondersoek deur die Witbank Polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button