Local newsNews

Dispute onder die vergrootglas

Die foutiewe rekeninge maak dinge nie makliker nie, inteendeel nou moet die verbruiker munisipaliteit toe gaan om die gemors uit te sorteer

In Emalahleni is munisipale rekeninge ’n teer sakie.

Dis ook verstaanbaar as daar gekyk word na die hemelhoë water- en kragrekeninge.

Die foutiewe rekeninge maak dinge nie makliker nie, inteendeel nou moet die verbruiker munisipaliteit toe gaan om die gemors uit te sorteer.

Mnr. Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake het Woensdag 11 September kom gesels oor die regte van die munisipale verbruiker.

“Dit is belangrik om te onthou dat daar ʼn meganisme is in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels wat handel oor dispuutverklaring. Hierdie wet maak daarvoor voorsiening dat ʼn verbruiker die reg het om ʼn dispuut te verklaar oor sy rekening,” het Mostert gesê.

Volgens die wet mag geen kredietbeheermaatreëls teen die verbruiker ingestel word alvorens die dispuut opgelos is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button