NewsSchools

Bloues is die beste in die geweste

HTS het uitgespeel vir die ‘bowl’ en wen Penryn College 17-14 in die kwartfinaal

Die Hoër Tegniese Skool se sewesspanne het die afgelope naweek in Barberton aan ’n sewestoernooi deelgeneem en die bobaasbloues se naam hoog gehou.

Ten spyte van ysige nat omstandighede, het beide ons spanne baie goed gevaar.

Die uitslae van die o.15 seuns is as volg:

Hulle wen 19-12 teen Uplands, verloor 7-26 teen Piet Retief, verloor 0-31 teen Middelburg Hoërskool en wen 7-5 teen Lydenburg.

HTS speel daarna uit vir die ‘bowl’ en die bloues speel klaar met Oosterland in die kwartfinaal met ’n telling van 17-5.

In die semi-finaal meet HTS se seuns kragte met Lowveld High en wen die wedstryd 19-5.

In die naelbyt ‘bowl’ finaal speel die seuns in blou teen Hoërskool Rob Ferreira en wen die wedstryd 14-12.

Dié span eindig toe negende uit 20 skole en is tans die beste sewesspan in ons stad.

Baie geluk aan hierdie bobaasblou-span en hul afrigter, Meneer Rasto Botma.

Die o.17-sewesspan het ook die bloues met trots verteenwoordig en op die veld geskitter.

Die manne in blou het hulself goed van hul taak gekwyt en goeie uitslae behaal:

Hulle wen 27-14 teen Uplands, wen 38-0 teen Oosterland, verloor 12-39 teen Secunda en verloor 0-35 teen Nelspruit.

HTS het uitgespeel vir die ‘bowl’ en wen Penryn College 17-14 in die kwartfinaal.

Die bloues val ongelukkig vas teen Lowveld High in die semi-finaal met ’n telling van 7-21.

Hierdie bobaasspan eindig 12de uit 21 skole.

Baie geluk aan elke seun en hul afrigter, Meneer Jacques Nel, julle maak HTS ongelooflik trots!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button