Local newsNews

OPVOLG: Padwoede – Potgieter sien nog spesialiste die week

Potgieter is uit die hospitaal ontslaan

Al meer as ’n maand het verloop vandat mnr. Willem Potgieter erg beseer is in ’n padwoede-aanval. Potgieter se vrou, Santie, is ook aangeval en selfs met ’n vuurwapen gedreig in die aanval wat op die aand van 20 Julie plaasgevind het.

Potgieter is uit die hospitaal ontslaan.

Die drie mans wat verdink word van die padwoede-aanval, Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28) het Dinsdag 23 Julie in Witbank Landdroshof verskyn op ’n klag van poging tot moord wat teen hulle ondersoek word.

Hulle is op R10 000 elk borg vrygelaat.

Hulle moet weer op 1 Oktober in die Witbank Landdroshof verskyn.

Potgieter se broer, mnr. Lourens Potgieter het vroeër die week gesê sy broer gaan nog spesialiste sien en van daar af sal besluit word of nog rekonstruksie operasies nodig sal wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button