Local newsNews

Nocture se kreatiwiteit word in kosblikke gepak

Claudine het gesê om kosblik chaos te voorkom, moet jy eers plek maak in jou yskas, vrieskas en koskas vir spesifieke peuselhappies wat in kosblikke gepak kan word

Die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak gaan nou lekker kosblikkies pak.

Die dieetkundige, Claudine Watermeyer het Donderdag 1 Augustus by dié tak gaan inloer en meer vertel oor gesonde kosblik idees.

Claudine het gesê om kosblik chaos te voorkom, moet jy eers plek maak in jou yskas, vrieskas en koskas vir spesifieke peuselhappies wat in kosblikke gepak kan word.

“Maak seker daar is ’n verskeidenheid plastiese of glas houers van verskillende groottes, asook plastiese of hout vurkies, lepels en kleurvolle servette. Mens moet ook mooi dink oor watter tipe kosblik jy gaan nodig kry. Maak seker jy kry iets wat goed seël en diep genoeg is sodat die klein houertjies maklik kan inpas,” het sy gesê.

Claudine het gesê kosblikke behoort gebalanseerd te wees met ietsie uit elke voedselgroep indien moontlik.

Die voedselgroepe is stysel en grane, proteïene, vette en vrugte en groente.

“Kosblikke moet visueel aanloklik lyk, en dis hier waar mammas kreatief kan wees,” het sy gesê.

Met Claudine se praatjie in die agterkop is daar toe gesmul aan die heerlike hamburgers wat deel uitgemaak het van die aand se tema, ‘Amerika’.

Die tak het ook ’n mini-skou gehad wat deur Debbie du Plessis (streekvoorsitter en beoordelaar), Coleen Calderhead en Elize Oosthuizen beoordeel is.

Jessica Doyle en Helen Kruger is ingelyf as volwaardige lede van die tak.

Die VLU Nocturne-tak het elke maand interessante praatjies waarby vroue kan baat vind.

As jy deel wil word van die VLU Nocturne-tak se groot vriendekring, kan jy Wilma van Zyl kontak by 083 638 0402.

Back to top button