Local newsNews

River kry stutte

Die miniatuur perdjie wat skaars liniaal hoogte was met geboorte loop die hele werf vol by Riverview Stables

Tipies kleuter is daar niks keer aan River nie.

Die miniatuur perdjie wat skaars liniaal hoogte was met geboorte loop die hele werf vol by Riverview Stables.

River wat amper ’n volle maand oud is, het nou ontdek sy het tandjies. Maar sodra sy ’n bek vol gras het, kielie dié haar en wys sy haar misnoeë dadelik.

“Ons het ons hande vol met River wat verskriklik nuuskierig is. Daardie ogies van haar mis niks nie. Moenie dat haar grootte julle bluf nie, sy ondersoek letterlik alles,” het haar eienaar me. Yolandie Kemp Bezuidenhout gesê.

River se beentjies is gebreklik. Mnr. Nicholaas Coetzer van Marx en Malan Ortopede was met die eerste oogopslag sommer dadelik verlief op dié miniatuur perdjie.

Hy het haar vlugtig ondersoek en gesê hy gaan die stutte vir haar beentjies maak.

Nicholaas beoog om die stutte uit leer te maak wat met skoenveters verstel kan word.

“Soos die klein vulletjie groei, kan die stutte verstel word om haar nie seer te maak nie,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button