Editor's choiceSchool sportSport

Sewe-en-veertig van stad by Puma-proewe

Verskeie jong rugbyspelers van die stad is gekies om tydens die Puma-proewe uit te speel vir ’n plek in die provinsiale span en ander ope provinsiale spanne.

Sewe-en-veertig plaaslike spelers van verskillende skole is gekies vir die proewe.

Die o.18 proewe vind op Maandag 5 Mei by Hoërskool Middelburg plaas, terwyl die o.16 proewe op dieselfde dag by HTS Middelburg gehou word.

By hierdie proewe word die volgende vyf ope spanne ook gekies: Die Coca-Cola Cravenweek Pumas o.18 span, die Akademie A-span, die Akademie B-span, die Grant Khomo-span, die o.16 A-span, die o.16 B-span, die o.19 A-span en die o.19 B-Span.

Hierdie spanne sal Dinsdag 20 Mei te staan kom teen die Blou Bulle.

Die Coca-Cola Cravenweek word hierdie jaar aangebied deur die Pumas en vind plaas van 13 tot 19 Julie by HTS Middelburg.
Die volgende rugbyspelers in ranglys vir die o.18 Puma finale proewe is:
*Daniel Oosthiuzen (Cambridge Academy), Tukunda Ushe (Cambridge Academy), Armand Adlem (Hoërskool Generaal Hertzog), Riekert de Jager (Hoërskool Generaal Hertzog), Francios de Villiers (Hoërskool Generaal Hertzog), Armand Jansen van Rensburg (Hoërskool Generaal Hertzog), Herman Landman (Hoërskool Generaal Hertzog), Lefa Leshaba (Hoërskool Generaal Hertzog), Xander Lombard (Hoërskool Generaal Hertzog), Cauwen Mashaba (Hoërskool Generaal Hertzog), Adolf Masuma (Hoërskool Generaal Hertzog), Hanru Pretorius (Hoërskool Generaal Hertzog), Ruan Robbinson (Hoërskool Generaal Hertzog), Gerrit van Staden (Hoërskool Generaal Hertzog), Keanu van der Linde (Hoërskool Generaal Hertzog), Brandon Wiehan (Hoërskool Generaal Hertzog), Rojacques Dos Santos (HTS Witbank), Andre du Plessis (HTS Witbank), Pieter Joubert ( HTS Witbank), Clinton Kriel (HTS Witbank), Ruben Opperman (HTS Witbank), Christo Swart (HTS Witbank), Ian Truter (HTS Witbank), Armand van Wyk (HTS Witbank), Marius Viviers (HTS Witbank), Ruan Botes (Hoërskool  Kriel), Mthokozisi Mahlangu (Hoërskool Kriel), Calvin Mengel (Hoërskool Kriel) en Enoch Mthimanye (Hoërskool Kriel).

Die volgende rugbyspelers is gekies vir die o.16 Pumas finale proewe ranglys:
*Lihle Nkosi (Curro Bankenveld), Ndumiso Gumede (Hoërskool Generaal Hertzog), Thabo Mahlangu (Hoërskool Generaal Hertzog), Bongi Nkosi (Hoërskool Generaal Hertzog), Jacques Peens (Hoërskool Generaal Hertzog), Johann Stander (Hoërskool Generaal Hertzog), Ronewa Banda (HTS Witbank), Donovan Barnard (HTS Witbank), Adriaan Botes (HTS Witbank), Leon Etsebeth (HTS Witbank), Christian Glaeser (HTS Witbank), Japie Kleynhans (HTS Witbank), Themba Nkabinde (HTS Witbank), Hanru Nortje (HTS Witbank), Ryno Pieterse (HTS Witbank), Morne Swanepoel (HTS Witbank), Du Preez van der Merwe (HTS Witbank) en Lloyd Phasalethsu (Hoërskool Kriel).

Back to top button