Local newsNews

Soon in Top 50

Gee jou stem vir Soon Scheepers

Die man met die maklike glimlag reik hoog na die titel van ‘Mnr. Suid-Afrika’. Soon Scheepers is onlangs gekies as een van die Top 50 kandidate vir dié gesogte, landswye kompetisie.

“Ek voel weereens baie geëerd om so ver te kom in die kompetisie,” het Soon gesê.
Hierdie aantreklike man van eMalahleni het reeds verlede jaar die Top 20 in die Mnr. SA kompetisie behaal en sê dat hy nou ernstig daarna kyk om nog verder te gaan in die kompetisie.

“Met harde werk en bystand van die mense om my, en die publiek, glo ek dat ek dit vanjaar kan maak en die titel huistoe kan bring.”
Dié jaar word die top 25 finaliste ook bekend gestel op televisie in ’n nuwe realiteitsreeks, wat Soon meen beslis iets is om na uit te sien.
Om die titel van Mnr. SA trots te dra verg baie werk en dis nie altyd net om smeulend te lyk voor ’n kamera nie (dié kry Soon ook reg weg van enige kamera).

Al die gesigte van Soon Scheepers.
Al die gesigte van Soon Scheepers.

“Dit vat baie tyd in jou daaglikse lewe en ook na ure in die aande, so dit meng behoorlik in orals waar mens gaan,” vertel Soon is die werklikheid daarvan om een van die top kandidate in die land te wees.

Voor die kandidate die Top 50 kon haal moes hul eers bekendstelling kry en deur verskeie liefdadigheidsprojekte ’n verskil maak in die gemeenskap rondom hulle.

Soon was betrokke by die J9 Foundation Charity, sowel as ander projekte.
“En dan het ek ook betrokke geraak by Highveld Mall se projekte wat binnekort gaan opkom, asook ’n paar geheime projekte,” het Soon gesê met ’n ondeunde lag.

Soon sien uit na al die projekte en sê hy kry sy inspirasie, om voort te gaan daarmee, van “die mense om my”. “Soos my verloofde en my borge wat my bystaan deur alles, asook die krag wat ek ontvang van ons goeie Vader,” het Soon eerlik geantwoord

“Mnr. Suid-Afrika is nie als oor die lyf en hoe mooi jy is nie – dit gaan meer oor wie en wat jy is in die publiek,” reken Soon dan ook en meen dat die beste kandidaat ’n ambassadeur moet wees, asook ’n voorbeeld vir sy land en gemeenskap. Hy lag en reken mens moet definitief meer brein as ‘muscle’ hê om ’n kandidaat te wees.

Reg vir ’n aand uit.
Reg vir ’n aand uit.

*(Vrae en antwoorde) Hoeveel weet jy van ons Mnr. SA Top 50 finalis?

V: Hoe spandeer jy jou vrye tyd?
A: In my vrye tyd hou ek daarvan om net in die kar te klim en te ry en net te gaan ontspan by vriende en familie. Ek hou daarvan om fun dinge te doen soos ‘roadtrips’ of na ‘shows’ toe te gaan of net lekker te ‘chill’ by die huis saam familie en braai. Maar as ek tyd vir myself kry sal ek nog meer ‘gym’.

V: Ideale vakansiebestemming?
A: My ideale vakansiebestemming is net naby ’n see of op ’n eiland. Soos Mosambiek of so iets…”

V: Gunsteling kos?
A: Dis tussen ‘steak’ en ‘chips’ of lekker macaroni-en-kaas.

V: Wat laat jou glimlag?
A: Wat my werklik maak ‘smile’ is om mense om my gelukkig te sien en sien hoe mense dinge in die lewe waardeer.

V: As jy ’n superheld was wie sou jy wees?
A: ‘Unlimited man’ – ek het geen ‘limits’ nie en kan net als reg doen en enige iemand help met enige situasie.

V: Gunsteling kleur?
A: Wit en swart.

V: Watter CD speel huidiglik in jou kar en na wat se musiek luister jy?
A: ‘Afrikaanse treffers’. Ek hou van my klub musiek of lekker sokkie. Goeie Afrikaanse musiek van kunstenaars soos: Theuns Jordaan, Gerhard Steyn of selfs Karlien van Jaarsveld.

Om te stem vir Soon as Mnr. SA sms MRSA 088 na 47439
Besoek ook die Mnr. SA webtuiste hier

Back to top button