Local newsNews

Kombersies vir die koue winter

Ons gee hierdie wol aan dames by Edenpark wat dan vir ons kombersies brei

Die lede van Solidariteit, Helpend Hand se vrygewige hande en harte staan beslis vir niks verkeerd nie.

Hulle het ’n tweeledige projek gereël op Woensdag 5 Junie waar hulle aan die Onkologie Sentrum by Centre De La Vie vuurwarm komberse gegee het en ook Alzheimer-komberse aan Dr. du Toit.

Die komberse is een massiewe gemeenskapsprojek. Me. Michelle Viljoen van Helpende Hand het gesê: “Witbank-tak kry baie wolskenkings vir ons breinaaldprojek.

Ons gee hierdie wol aan dames by Edenpark wat dan vir ons kombersies brei.

Ons het geweldig baie wol.

So ons het besluit om die komberse aan die Onkologie Sentrum te gee, waar hulle op die oomblik ongeveer 70 pasiënte het wat chemoterapie ontvang.

Die spreekkamer raak baie koud, hulle sit soms vir ure aaneen en die winter maak dit nie beter nie.

Dié tweeledige projek bemagtig bejaardes deur vir hulle ’n geleentheid te gee om te brei en die gemeenskap baat daarby deurdat behoeftiges van komberse en truie voorsien word.

Witbank-tak is in die bevoorregte posisie om wol te kan aflewer by die bejaardes.

Die wol was skenkings uit die gemeenskap en beloop ongeveer twee swartsakke vol, ongeveer 50 bolle wol.

Ook op bogenoemde Woensdag is Alzheimer-komersies by Dr. Du Toit en Dr. Spoelstra afgelewer.

Hulle vorm deel van Ons Spreekkamer se netwerkvennote en aangesien Helpende Hand so geweldige groot skenking van Alzheimer-komberse by die Vroue Landbou-unie gekry het, het hulle dit goed gedink om drie kombersies aan elke dokter of spreekkamer te skenk vir dié wat dit nodig het.

Michelle het bygevoeg: “Aangesien hul ook behoeftige pasiënte het wat deur Ons Spreekkamer na hulle verwys word, kan hul identifiseer wie dalk so ’n kombers nodig het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button