Elections 2014News

VF Plus – ‘saam is ons sterker’

Die VF Plus het ’n suksesvolle vergadering gehad by Indlela Country Estate.

Dr. Pieter Groenewald, Parlementêre leier van die VF Plus en ook Provinsiale leier van Noordwes provinsie, het die vergadering Dinsdag 15 April toegespreek.

Hy het gesê dat die VF Plus glo dat dit tyd is vir ’n beter, nuwe Suid-Afrika. “Die ‘nuwe Suid-Afrika’ van 1994 het misluk en ’n ou Suid-Afrika geword”.

Hy het gesê die VF Plus glo in ’n werklike Nuwe Suid-Afrika tot voordeel van al sy mense.
“Suid-Afrika van 2014- Die Suid-Afrika wat in 1994 ontstaan het, het muf geraak, vanweë regstellende aksie, werksverlies weens transformasie, marginalisering van minderhede, swak dienslewering, swak bestuur, onbekwaamheid, kaderontplooiing, nepotisme, politieke aanstellings, magsbeheptheid, magsvergrype, korrupsie, bedrog, selfverryking, toesmeerdery, onbevoegdheid, misdaad, plaasmoorde, populisme en ideologiese beheptheid.”

In sy manifes spel die VF Plus sy visie uit van hoe die bereik moet word, juis ter verbreding en verdieping van die demokrasie waarop hierdie vryheid gebou word.
*Vryheid met Geregtigheid- Vryheid kan beskryf word as die vermoë en reg om self besluite te neem en uit te voer.
Soos vir die meeste Suid-Afrikaners staan vryheid ook vir die VF Plus sentraal in sy politieke denke. Terwyl die VF Plus die vryheid van sowel die individual, ’n gemeenskap en die straat erken en waar toepaslik wil beskerm, bestaan daar ’n leemte in Suid-Afrika met betrekking tot die aanspraak op vryheid deur gemeenskappe.

*Wat is die waarheid oor Suid-Afrika? Die waarheid is dat ons ’n baie diverse land is met verskillende tale, kulture, godsdienste en geskiedenis. Maar ook met waarhede dat ons oor meer as 360 jaar gewoond geraak het daaraan om ekonomies ineengestrengel te wees en van mekaar afhanklik te wees. Dat mense glo dat daar in hierdie groot land ’n plek vir ons almal onder die son moet kan wees.
Die VF Plus se uitgangspunt is: “ Die mens wik, maar God beskik.” Gelowiges wil op alle lewensterreine die oppergesag van die drie-enige God erken en Hom gehoorsaam wees.

“In nederige erkenning van menslike onvolmaaktheid, word ’n staatkundige bedeling nagestreef wat op die grondslag bou”.
Na dr. Groenewald se toespraak, is geleentheid vir vrae en suksesvolle besprekings toegelaat.

Back to top button