Local newsNews

Immergroen sê baie dankie

Hoe sê ’n mens dankie? Immergroen Ouetehuis het die perfekte manier gekry om dit te doen, met ’n heerlike middag-tee.

Die geselligheid is Woensdag 16 April by hul splinternuwe kuier-hoekie gehou.

Die lapa is deur Methamorpha-gemeente gebou en is ideaal vir ’n rustige saamkuier met pragtige braaigeriewe en ook seile wat toegetrek kan word om die ergste wind te keer.

Me. Daisy  Bezuidenhout, van die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) Mpumalanga het in haar spreekbeurt meer oorsig oor die SAVF en SAVF Immergroen Ouetehuis gegee.

“In 1959  is die idee van ’n ouetehuis al gelê toe vrywilligers die behoefte van ’n tehuis vir bejaardes geïdentifiseer het. In 1964 is die eerste 27 kamers vir bejaardes en 12 woonstelle vir egpare  gebou,” het me. Bezuidenhout vertel.

Sy het gesê omdat die nood so groot was is ’n tweede deel vir 33 bejaardes wat ’n siekeboeg ingesluit het in 1972 gebou.
Namens die diensbestuur van Immergroen Ouetehuis het sy elkeen wat bygedra het tot die verfraaiing van die ouetehuis bedank.

Past. Ledge Saunders van die Metamorpha-gemeente en ds. Frans Steenkamp van die NG Kerk, Suid-gemeente, het die ‘Pay-it-forward’ projek waartydens daar by Immergroen, getimmer, geverf en opgedollie is veral onderstreep en gesê dit is sulke projekte wat bewys is van die inwoners van eMalahleni se groot harte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button