CrimeNews

OPVOLG -Familie groet pa finaal

Die volgende stap is om die dossier hof toe te stuur vir besluitneming of die bestuurder van die minibus aangekla sal word al dan nie

Die Venter-gesin gaan finaal afskeid neem van mnr. Manie Venter.

Dit is al drie en ’n half maande vandat Oom Manie, soos hy alombekend was, dood is ’n dag nadat ’n taxibestuurder, die bedelaar Dora Theunisen by die OR Tambo- en Amsterdamstraat-kruising op Woensdag, 30 Januarie raakgery het.

Die minibus het vir Dora, wat in die pad gestaan het, probeer uitswaai en die Venter-egpaar se blou Kia getref.

Me. Martie Venter was vir maande in die hospitaal en is onlangs ontslaan.

“Baie dankie vir elke boodskap, oproep en gebed. Dit het ons werklik gedra deur die moeilike tyd. Ons waardeer dit opreg,” het Oom Manie se seun, mnr. Marius Venter gesê.

Oom Manie se roudiens vind op 10 Mei om 12:00 vanuit die NG Kerk Panorama in Adelastraat plaas.

Polisiewoordvoerder, kapt. Eddie Hall het gesê die bestuurder van die minibus asook ander getuieverklarings is geneem.

Die volgende stap is om die dossier hof toe te stuur vir besluitneming of die bestuurder van die minibus aangekla sal word al dan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button