Local newsNews

Nocturne het iets ‘beet’

Dit is die groente van die jaar en daar is soveel wat jy met dit kan doen

Die Vroue Landbou-unie Nocturne-tak het vandeesmaand beet gesels.

Dit is die groente van die jaar en daar is soveel wat jy met dit kan doen.

Me. Elsie Greaves het die gaste op Donderdag 7 Maart vertel hoe om beet te kweek.

Sy het ook genoem dat beetblare ook eetbaar is.

“Gebruik dit in slaai in pleks van blaarslaai of ’n plaasvervanger vir spinasie,” het Elsie gesê.

Die gaste is almal bederf met beetblatjang om huis toe te neem.

Me. Debbie du Plessis, streekvoorsitter van Carpe Diem-streek het bietjie by die tak ingeloer en aan elke vrou ’n aster uitgedeel.

“In die Victoriaanse kultuur is die aster se betekenis, dunheid, geduld en sjarme,” het sy gesê en genoem dat dié tak haar aan pienk asters laat dink omdat hulle met oop hande liefde saai vir minderbevoorregte mense.

Debbie het ook pakkies ontvang van die tak vir vroue wat deur die trauma van verkragting gaan.

Me. Lida Posthumus, streekskakelbeampte was ook ’n spesiale gas vir die aand.

Nocturne spog met die jongste lede, die 16-jarige Zane Pretorius en Leigh Ann Pansegrouw en die oudste lid in die streek, die 82-jarige me. Katy Symms.

Back to top button