Local newsNews

Buurtwag waarskuwings tekens

Hierdie is 'n samestelling van wenke en waarskuwings tekens om na uit te kyk in u buurt.

Kyk uit vir die volgende:
– As daar ‘n z op stopteken of op pad geverf is, is daar ‘n paar huise in die straat wat geroof kan word.
– As daar ‘n klomp klein klippies opmekaar gestapel word – daar is honde.
– As daar twee groot klippe langs mekaar is – 2 ou mense.
– Daar word ook klippe langsmekaar in ‘n ry gesit om aan te dui hoeveel mense in die huis bly.
– “Swatsika” (Hitler/Nazi) teken op pad geverf of op stoptekens – ook ‘n paar huise in straat: Die rigting waarin die “swatsika” wys
is die huis wat geroof gaan word.

KLEURE:
Rooi
Coke blikke, rooi lap ens, dui daarop dat weerstand verwag – gewoonlik persone met vuurwapens.
Mense wat in die nag skiet, weet jy het ‘n wapen!
Gewoonlik 2 coke blikkies:
– coke blik oopkant na huis – gemerk – iemand tuis.
– coke blik regop staan – niemand in huis

Wit
Maklike teiken: sorghum boksie, wit plastieksak:
– sorghum boksie na huis toe wys – gemerk maklike teiken.
– wit plastieksak in heining of draad – gemerk maklike teiken.

Groen
Rigting aanduiders:
– Die rigting waarheen die groen bottel ens wys, wys die rigting aan waarheen hulle moet beweeg.

Blou
Iemand in die huis is bereid om saam te werk bv ‘n clicks sakkie:
– blou en wit – maklike teiken en iemand wat saam werk.

As hond skielik dood is of braak en daar is swart kolletjies in die braaksel, of wit poeier naby hond is of in braaksel – kontak die polisie dadelik en hulle sal die braaksel en hond verwyder – moet nie daaraan vat nie dit is baie gevaarlik!
(Two-Step/Tumiek/Rottegif-vergiftiging).  As honde blaf in die nag luister na die tipe blaf.

Simba chips pakkies – gewoonlik ‘n pakkie wat netjies gevou is, of ‘n duidelik gesiggie gesien kan word.
– Chips pakkies as gesiggie na jou huis wys – baas by die huis.
– Chips pakkies as gesiggie weg van jou huis af wees – baas nie by die huis.

Skoene of skoensole by die hek – gewoonlik aanduiding dat daar niemand bly.
As ingebreek word, word die roete aangedui deur skoene of skoensole – roete om te hardloop.

Pasop vir die volgende “sagte” voorvalle wat die diewe gebruik:
– Iemand bel jou huis of selfoon om te hoor of jy by die huis is.
– Krag word afgeskakel by boks, of die water word by die hoofkraan in die pad toe gemaak en sodra jy uit gaan om te kyk wat aan
gaan word jy oorval – as jy uitgaan om te gaan kyk is die huis oop en jy en die mense binne ook ‘n sagte teiken.
– Ander geval is die elektroniese hekke word vasgemaak met cable ties sodra jy uit klim om te kyk hoekom hek nie oop maak nie
word jy oorval.
– Vreemde voorwerpe – as jy by die huis kom en daar staan skielik ‘n asblik, kartonboks, baksteen of buurman se boomtak –
ry verby, want as jy uitklim op dit te verwyder is jy sagte teiken. Skakel die polisie!
– ‘n Baksteen is gewoonlik om ‘n kar te steel.
– 2 of 3 bakstene wys op huis rowe – gewoonlike nuwe bakstene.

Wat maak jy:
Vat die tekens onmiddellik weg en gooi sulke goed in die asblik!
Daar was al gevalle waar 3 keer die tekens weggevat is – dan is die merker in die moeilikheid wat dit moes plant!
Probeer ook om die geverfde tekens te verwyder deur oor dit te verf.

Barend Smit: “Ek het die polisie die tekens gewys en almal in die omgewing is geroep om daarna te kyk. Toe ek later in die karpad afry toe is daar ‘n tak in die pad – die merker het in die boom gesit toe almal daar was. Niemand het opgekyk nie! “

Hou sypaadjies netjies en gras kort sodat niks daarin gegooi kan word wat jou as ‘n teiken kan identifiseer nie.

Wees paraat en kyk om jou na enige tekens, maak jou vensters toe wanneer jy nie by die huis is nie.

 

eMalahleni Witbank  CPF Facebook groep.

Back to top button