CrimeNews

‘Taxi’, die teiken vir kapers

Die voorval waar ’n ‘taxi’ bestuurder die teiken vir kapers

Die voorval waar ’n ‘taxi’ bestuurder die teiken vir kapers was het amper lelik uitgedraai toe die verdagtes vuurwapens uitruk.

Op 24 Januarie het die slagoffer op die Bethalpad afgedraai na ’n bekende maatskappy in eMalahleni.

Toe hy tot stilstand kom, merk hy dat ’n swart voertuig hom blokkeer.

Dadelik het hy opgemerk wat besig is om te gebeur en skielik twee swaar gewapende mans sien uitklim by die swart voertuig.

Met wapens gerig van albei kante was die slagoffer gedwing om die deure oop te sluit en oor te gee aan die booswigte.

Gelukkig het die kapers hom geen skade aangedoen nie, maar gevlug met sy “taxi”.

Die voorval is by Witbank Polisiestasie aangemeld en word verder ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button