CrimeNews

Vyf in hospitaal na ongeluk by OR Tambo-kruising

Die bestuurder van die minibus en sy passasier, asook die bekende bedelaar, Doris Theunisen, is na Witbank Hospitaal geneem

Slagoffers van die ongeluk wat Woensdag, 30 Januarie omstreeks 13:15 op die hoek van OR Tambo- en Amsterdamstraat gebeur het is almal hospitaal toe vervoer.

Die bestuurder van die minibus en sy passasier, asook die bekende bedelaar, Doris Theunisen, is na Witbank Hospitaal geneem.

Die Venter-egpaar wat in die blou Kia was is na Life Cosmos Hospitaal vervoer.

Ooggetuies het almal vertel dat die bestuurder van die minibus ’n ander kar aan die regterkant by die verkeerslig verbygesteek het.

Die minibus het die blou Kia van voor af getref en daarna vir Theunissen, wat by die kruising gestaan het.

Die plaaslike brandweer is tans besig om die ongelukstoneel op te ruim.

Back to top button