InternationalSport

Baie vis uit Ons Pan gevang

Kosmos Hengelklub het hulle klubkompetisie gehou by Ons Pan waarvan 10 klublede en een besoeker deelgeneem het aan die kompetisie

Die hengelaars het weer geseëvier onder die vis by Ons Pan die naweek.

Kosmos Hengelklub het hulle klubkompetisie gehou by Ons Pan waarvan 10 klublede en een besoeker deelgeneem het aan die kompetisie.

’n Totaal van 218 vis is ingeweeg met ’n massa van 101.655kg. Die swaarste Karp is gevang deur Cassie van der Merwe met ’n gewig van 1.085kg en die tweede swaarste vis is gevang deur Hannetjie van Vuuren met ʼn gewig van 1.045kg.

Seniors: Corne Loedolff 20 vis (10.525kg), Bennie Cloete 20 vis (9.390kg) en Leon Nell 19 vis (8.920kg).

Dames: Christelle Nel 34 vis (15.020kg), Hannetjie van Vuuren 22 vis (11.285kg) en Nicolette Brits 15 vis (6.820kg).

Juniors: Jaco Nel jnr. 15 vis (6.820kg).

Besoeker: Cassie van der Merwe 30 vis (13.355kg).

Vir enige belangstelling of navrae kontak Neels van Vuuren (voorsitter) 082 785 7703 of Marelena van der Merwe (sekretaresse) 082 338 7804.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button