CrimeNews

Besigheid-rowers ry die ‘gravy train’

Desember het ’n donker begin gehad vir sake-eienaars, met rowers wat al hoe meer toeslaan op kontant-besighede.

Desember het ’n donker begin gehad vir sake-eienaars, met rowers wat al hoe meer toeslaan op kontant-besighede.

Op 30 November was ’n verskoopsdame besig om reg te maak om haar werksplek te verlaat vir die dag, toe drie vreemde mans skielik by die perseel inbars.

Hulle het onmiddellik ’n pistool op haar gerig en gevra waar die besigheid hulle kontant hou.

Die dame het die drie mans na die besigheid se kluis geneem.

Die mans het die kluis leeggemaak waarna hulle die vrou in die kluis toegesluit en daar gelos het in die hoop dat sy nie die polisie betyds sou kon ontbied nie.

LEES OOK

Rowers neem besighede oor

Raaisel oor roof laat inwoners wonder
Die dame is ongedeerd, maar die polisie het nog geen arrestasies gemaak in verband met die voorval nie.

Net ’n dag later, op 1 Desember, het die kansvatters weer toegeslaan. Dié keer het ’n vreemde man en sy meisie by ’n haarkapper se salon ingestap en die haarkapper gevra of hy gou-gou die vrou se naels sou doen voor hy sy salon sluit.


Die kluis waarin die verkoopsdame na bewering toegesluit was.

Die haarkapper het verduidelik dat die salon reeds gesluit is en dat hy oppad huis toe was.

Dit was blykbaar die verkeerde ding om te sê, want die haarkapper se woorde was nog nie koud nie, toe ruk die vreemde man ’n vuurwapen uit.

Die man het die haarkapper se persoonlike besittings soos sy selfoon en beursie by hom gevat en toe van die salon se kontant gesteel.

Die haarkapper het ook ongedeerd ontsnap, maar het groot finansiële skade gelei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button