CrimeNews

Vrou verkrag in Reynorif

Verkragters sluip oral rond. In die vroeë oggendure van Saterdag, 3 November was ’n vrou die ongelukkige slagoffer van hierdie onmenslike misdaad.

Verkragters sluip oral rond. In die vroeë oggendure van Saterdag, 3 November was ’n vrou die ongelukkige slagoffer van hierdie onmenslike misdaad.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat die drie haweloses in ’n leë huis in Reynorif geslaap het toe daar glo ’n stryery tussen hulle en die verdagtes ontstaan het.

Volgens die slagoffer het die verdagte mans pepersproei in die kamer gespuit en gesê hulle soek die slagoffer.

In die proses is daar ook op ’n stadium ’n vuurwapen teen haar kop gedruk wat haar saam hulle forseer het.

“Sy het vertel dat sy die koue metaal gevoel het en dat die geweer kliek gemaak het,” het een van die buurtwaglede vertel.

LEES OOK

Tien jarige glo verkrag

Vrouens glo in bos verkrag

Die slagoffer het saam die verdagtes gegaan na ’n veld langs die huis. Volgens die polisie is sy drie keer deur elk van die twee mans verkrag. Intussen het haar man hulp gaan soek.

Lucas Smith van die Reynorif buurtwag het op die toneel vertel dat hy ingelig is deur ’n lid van die gemeenskap waar die slagoffer se man gaan aanklop het vir hulp.

“Ons het dadelik om hulp gevra van ander buurtwaglede,” het Smith gesê.


Die toneel waar ’n slagoffer van verkragting gehelp is.

Talle ander lede het opgedaag en die soektog het begin, waar die slagoffer se geskree van vêr gehoor is.

Die buurtwaglede het die klank gevolg en die slagoffer is opgespoor, maar die verdagtes het weggekom.

Die buurtwaglede het na die tyd nog gesoek, maar kon geen verdagtes opspoor nie.

Vir enige noodgevalle in die Reynorif area, kontak vir Smith by 071 014 4792 of op die SACCW se webtuiste https://www.ourneighbourhood.co.za/reynoridge/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button