Local newsNews

Een weerligstraal, soveel skade

’n Enkele weerligstraal het verwoesting gesaai soos net dit kan.

’n Enkele weerligstraal het verwoesting gesaai soos net dit kan. Op Vrydagaand, 8 September, het die broodnodige eerste reën geval maar vir inwoners van Steenkampstraat was dit ’n aaklige aand.

Me. Angelique Groenewald het vertel hoe hulle in die huis was en net so voor middernag een helse ontploffing gehoor het.


Die verwoesting wat gesaai is deur ’n enkele weerligstraal.

“Ons het opgespring en my ma het deur die deur se sleutelgat geloer. Sy het net geskree: julle afdak brand af! Ons het buitetoe gehardloop en ons boot en my kar was aan die brand. My man se bakkie het ook begin brand,” het sy vertel.

ALSO READ

Nòg hartseer vir die Clarence-gesin

Brand verwoes lapa in Kriel

Groenewald het bygevoeg dat dit die weerlig moes wees, want dit was net na een harde weerligstraal en die boot se enjin is vermoedelik raakgeslaan.

“Ons is so dankbaar vir almal wat kom help het. Die buurman het sy tuinslang oor die muur gegooi en ons kan die sektor polisiëring nie genoeg bedank nie. Hulle was so vinnig daar en het so baie gehelp.”

Mnr. Charles Steyn en sy span was daar om die gesin in nood by te staan.


Die verwoesting wat gesaai is deur ’n enkele weerligstraal.

Hulle was ook by ’n insident betrokke in Tambourinestraat waar ’n boom aan die brand geslaan het, vermoedelik ook as gevolg van die weerlig.

“Ons kan net die Hemelse Vader bedank dat Hy Sy hand oor ons gehou het,” het Groenewald afgesluit.

Back to top button