Community galleriesEntertainmentGalleriesLifestyle

Skaapkoppe, afval en wildspastei vir nuwe muur en dak

Met beesstert, afval en rooibok op die spyskaart kon jy nie anders as om die Suid- Afrikaanse Vrouefederasie Immergroen se befaamde BAR-aand te geniet nie.

Met beesstert, afval en rooibok op die spyskaart kon jy nie anders as om die Suid- Afrikaanse Vrouefederasie Immergroen se befaamde BAR-aand te geniet nie.

Die BAR-aand wat ’n afkorting vir die drie geregte is, was op Vrydag, 27 Julie gehou.

Die funksie was gehou om fondse in te samel om ’n muur om Immergroen Aftreeoord te bou, dakke te herstel en die kombuis op te knap. Daar word tans ’n twee meter hoe siersteen muur heining opgerig om die ou lae betonmuur te vervang. Die afdeling, Herberg, kry nuwe dakke.

Die kombuis word oorgedoen om aan Departement Gesondheid en Kritiese Beheerpunte vir Gevaarontleding standaarde te voldoen. Twee woonstelle is gestandaardiseer om en gestremde bejaardes te kan akkommodeer. Dit is alles ter wille van die veiligheid en privaatheid van die bejaardes.

Tydens die BAR-aand is daar R93 103.30 ingesamel vir die projekte.


Pieter Serfontein grinnik vir dié skaapkop waaraan hy heerlik gaan smul.

’n Beroep word op die gemeenskap gedoen om hierdie projekte te ondersteun. As j ’n R5 bydrae kan ten minste twee bakstene gekoop word. Kontak die kantoor en praat gerus met Babsie Wentzel, Aletta Fourie of Martin Coetzee by 013 690 2793.

Die bestuur van Immergroen bedank elkeen wat bygedra het tot die aand se sukses.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button