Local newsNews

Gewapende rooftogte- beslis ’n kommer

‘ja, en ons mag hulle nie skiet nie, maar hulle mag ons skiet.’

Die aantal gewapende rooftogte in ons stad is aan die toeneem, en dit word daagliks beleef.

Die polisie het ook aangevoer, in vorige artikels, dat dit blyk of die probleme geskep word deur die aantal gewere op straat.

Inbrekers, verdagtes en rowers word weekliks vasgetrek wanneer hulle iets steel of wanneer daar by mense se huise ingebreek word.

Dan is daar ’n voorval soos in Opheliastraat op Donderdag 28 Junie toe ’n man in sy arm gewond is tydens ’n inbraak.

Die woorde op omstanders se lippe was: ‘ja, en ons mag hulle nie skiet nie, maar hulle mag ons skiet.’

BusinessTech het in Maart vanjaar die kwartaallikse inligting van 2017 bekend gemaak en ’n duidelike verhoging in statistieke gesien.

Een van die kommerwekkende aspekte is ook die transito rooftogte, wat blyk of ’n sindikaat losgelaat is.

Dit vorm ook deel van die gewapende rowe in ons land.

’n Ander sindikaat wat klaarblyklik aan die broei is, is wanneer mense geld trek by die bank, gewoontlik groot bedrae en dan huis toe gevolg word en met vuurwapens gedreig word om die geld te oorhandig.

BusinessTech het ’n waarskuwing uitgereik aan besighede, aangesien hul bevindinge daarop dui dat besighede die swaarste trek onder gewapende rowers.

In ’n verslag het hulle gesê: “Dit is belangrik dat besighede gereeld gemonitor word om hul veiligheid te verseker. Dit is ook belangrik dat besighede werknemers aanmoedig om enige bedreigings van kriminele aan te meld en ook die nodige sekuriteit bied om die besigheid en werknemers te beskerm.”

Wat is die prosedure om ’n geldige vuurwapenlisensie te bekom?

Volgens die SAPD se webtuiste, www.saps.gov.za, sê dit dat jy eers die lisensie moet kry, voor die vuurwapen.

En ook dat jy ’n lisensie nodig het vir elke vuurwapen in jou besit.

Potensiële vuurwapeneienaars moet die voorgeskrewe opleiding ondergaan by ’n geakkrediteerde opleidingsentrum en ook die vaardigheidsertifikaat kry.

Vir ’n lys van geakkrediteerde opleidingsentrums, besoek gerus bogenoemde webtuiste.

Daar is verskeie dinge wat jy moet kan bewys voor ’n vuurwapenlisensie aan jou toegestaan word.

Na die opleiding, moet ander dokumente voltooi word, onder andere ’n SAPD 271 asook ’n SAPD 91 en SAPD 523 (vir die volledige lys, besoek bogenoemde webtuiste).

Die prys van ’n vuurwapenlisensie is R140 en ’n vaardigheidsertifikaat is R70.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button