Local newsNews

Fietsryer getrap deur trok

’n Fietsryer is tragies dood nadat ’n trok hom in die verbyry getref het.

’n Fietsryer is tragies dood nadat ’n trok hom in die verbyry getref het.

Dit blyk asof die slagoffer Saterdagoggend, 23 Junie, op pad werk toe was toe ’n trok met die verbygaan hom getref het.


Die toneel waar ’n fietsryer deur ’n trok getrap is op die R555 (Ou Middelburgpad)

Die voorval wat op die Ou Middelburg (R555) gebeur het, het in ’n tragedie geëindig toe die slagoffer enkele minute ná hy by Witbank Hospitaal deur ER24 Ambulansdienste aangebring is, dood verklaar is.

LEES OOK

Horror crash on R555 claims more lives

BREAKING – Major accident on R555

Daar word deur ’n ooggetuie beweer dat hy agter die trok gery het en die fietsryer op die sypad gesien het,

“skielik met die verbyry van die trok was die fietsryer weggeraap en onder die trok in,” het die ooggetuie beweer.

SACCW (South African Community Crime Watch) is dadelik deur die ooggetuie gekontak om die relevante dienste tot die ongelukstoneel te ontbied.

Met ER24 se aankoms, het die slagoffer erge hoofbeserings gehad en beide sy bene was gebreek.


Die toneel waar ’n fietsryer deur ’n trok getrap is op die R555 (Ou Middelburgpad)

“Dit is hartseer om ’n lewe só te verloor. Padgebruikers moet meer verantwoordelik ry, veral op die R555,” het die ooggetuie ten slotte gesê.

Check Also
Close
Back to top button