CrimeNews

Vroue wie se tone afgesny is word hiér behandel

Die vrou van Ermelo wie se tone deur rowers afgesny is tydens ’n aanval op haar en man, is na Witbank Hospitaal oorgeplaas.

Die vrou van Ermelo wie se tone deur rowers afgesny is tydens ’n aanval op haar en man, is na Witbank Hospitaal oorgeplaas.

Me. Cornelia Grobler (62) word sedert Maandag, 15 Januarie hiér behandel na die wrede aanval op Vrydag, 12 Januarie in Ermelo.

Grobler en haar man, mnr. Gert Peo (55) wat in ’n stil buurt woon, het omstreeks 21:30 gestap om ’n koeldrank te koop by ’n nabygeleë winkel.


Me. Cornelia Grobler (62) word in Witbank Hospitaal behandel na rowers agt van haar tone afgesny het tydens ’n aanval in Ermelo.

Terwyl die egpaar gestap het, het ’n wit Volkswagen Golf langs hulle gestop. Daar was drie mans in die voertuig.

Die mans het uitgespring en vuurwapens op die egpaar gerig. Die mans het vir Peo geskree: “Run or we will kill you.”

Peo het egter probeer om die mans af te weer, waarna hy in die bo-bene geskiet is.

Terwyl Peo op die grond gelê het, het die drie mans Grobler in die kar in gedwing en met haar weggery.
Die buurtwag van Ermelo is onmiddellik in kennis gestel van die voorval.


Die toneelfoto wat deur die buurtwag in Ermelo geneem is wys waar me. Cornelia Grobler (62) aangeval is.

Een van die lede het ongeveer 2km uit Ermelo gery, op ’n grondpad na die informele nedersetting, waar hy op Grobler afgekom het. Sy het langs die pad in die gras gelê.

Grobler het ’n skedelfraktuur opgedoen en agt van haar tone is afgekap.

Sy is na Ermelo Hospitaal geneem waar sy ’n operasie ondergaan het, voordat sy vroeër die week oorgeplaas is om verder hiér behandel te word.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/102906/oupa-neels-steeds-hospitaal/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/52976/steeds-geen-terugvoer-van-hospitaal/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button