Nog ’n ongeluk het vanoggend , 16 Januarie, op die OR Tambo-draai gebeur.
’n Bakkie van ADT en ’n Mercedes het gebots.
Gelukkig het die bestuurders nie baie seergekry nie.
Terwyl WITBANK NUUS op die toneel was het motors teen ’n baie hoë spoed om die draai gekom. Die noodsaaklikheid om iets in die pad te sit sodat bestuurders genoodsaak word om stadiger te ry is weer beklemtoon.
Op Sondag 14 Januarie is mnr. Danie Chapman dood nadat sy motorfiets by dieselfde draai teen ’n bakkie gebots het.
Lees meer in WITBANK NUUS op Vrydag 26 Januarie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/42101/vier-beseer-na-ongeluk-op-or-tambo/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/55405/nog-n-ongeluk-in-or-tambo/