CrimeNews

Wimpie sterk goed aan

Adjudant-offisier, Wimpie Botha sterk tans goed aan by die huis nadat hy in ’n skietvoorval gewond is.

Adjudant-offisier, Wimpie Botha sterk tans goed aan by die huis nadat hy in ’n skietvoorval gewond is.

Die voorval het Sondag, 19 November op die Zaaihoek-pad plaasgevind nadat hy ’n veediefstal-klagte in die omgewing ondersoek het.


A.o. Wimpie Botha is in beide sy bene geskiet met sy dienspistool na hy deur verdagte mans aangeval is.

Kapt. Eddie Hall, mediawoordvoerder het Dinsdag, 5 Desember gesê dat a.o. Botha met verlof was en nou steeds by die huis aansterk.

“Dit gaan baie goed met hom, sy bene genees baie mooi, hy voel goed en sterk by die huis aan,” het kapt. Hall gesê.

A.o. Botha was op bogenoemde dag op pad terug na Middelburg toe die aanval teen hom plaasgevind het.


A.o. Wimpie Botha.

Hy was ’n vloeistof gegee om te drink en is na ’n veld langs die Verena-pad geneem. Hy is later met sy eie dienspistool deur die verdagte mans in beide sy bene geskiet. Hy het na ’n gestoei met een van die mans sy pistool teruggekry na die man hom in die bors wou skiet.

A.o. Botha het ongeveer nege rondtes op die mans geskiet, wat in ’n grys Audi gevlug het. Hy is deur ’n boer, by wie se plaashuis hy later uitgekom het, na Life Cosmos Hospitaal geneem waar hy behandel is.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103065/polisieman-geskiet-en-gewond/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/103118/polisieman-skietvoorval-gewond/

Check Also
Close
Back to top button