CrimeNews

eMalahleni sê nee vir dwelms

Inwoners en die polisie staan soos een man saam teen die toenemende dwelm-oorlog in die strate van die stad.

Inwoners en die polisie staan soos een man saam teen die toenemende dwelm-oorlog in die strate van die stad.
Die afgelope week is meer as sewe arrestasie in verband met dwelms in eMalahleni gemaak.

Polisiebeamptes het op 9 Mei met ’n straatsoektog twee verdagtes op hederdaad betrap met dagga in hul besit. Die verdagte, wat na bewering die dwelmhandelaar was, het begin weghardloop toe hy die gemerkte polisiemotor gesien het. Dit het egter nie verhoed dat die amptenare die verdagte agternagesit het nie.

Na ’n jaagtog in die strate van die SBG (Sentrale Besigheidsgebied) is hy gearresteer.

In ‘n ander geval het die polisie op 29 April inligting verkry oor ‘n sekere persoon wat met dwelms by ‘n plaaslike supermark in Diederickstraat (SBG) handel. By aankoms het die polisie die verdagte deursoek. In sy besit het hulle 18 balletjies in geel plastiek gevind, asook twee aparte sakkies dagga. Die verdagte is in hegtenis geneem op ’n klagte van besit en handel.

Die verdagtes sal binnekort in Witbank Landdroshof verskyn.

Sers. David Ratau, woordvoerder van Witbank Polisie, het gesê

“geen dwelmmisbruik of die gebruik van onwettige middels op die strate van eMalahleni geduld sal word nie.”

Terwyl die polisie doenig was in die strate het kol. Francois Roets ’n seminaar aangebied by die Evangeliese Kerk oor dwelms.

“My lesings gaan gewoontlik oor die plaaslike dwelmbedryf. Die inligting van hoe dit werklik op straat gaan met die dwelm-epidemie,” het hy gesê.

Foto’s wat kol. Roets in die lesing gebruik het is dwelms wat onlangs op besit gelê is.

“Inwoners moet die erns van die probleem verstaan en die gevare van die gebruik, newe-effekte en die impak op gesinne en die samelewing begin besef. Ek skets vir die ouers en kinders die werklikheid van wat ons mee te doen kry in ons stad,” het hy bygelas.

Met sy toespraak het hy klem daarop gelê dit duidelik is hoe onkundig en naïef die inwoners is rakende dwelms en die impak van dit.

“Ons sluit elke jaar honderde handelaars toe en lê beslag op groot hoeveelhede dwelms, maar die impak is net eenvoudig nie genoeg nie.”

Die bewusmaking deur sulke lesings aan te bied waar mense ingelig kan word is ontsettend waardevol en uiters noodsaaklik.

“Ek sê altyd as ek net een kind kan oorreed om nie dwelms te probeer nie, dan was die lesing ’n sukses,” het kol. Roets ten slotte gesê.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88810/dwelms-en-drank-op-polisie-se-lysie/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/86396/polisie-voer-oorlog-teen-dwelms/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button