CrimeNews

Nòg hartseer vir die Clarence-gesin

Wynand, wat sy eie vervoermaatskappy gehad het, laat sy vrou Erika en sy seuns, Pieter en Carel agter.

Die dag 17 Maart is vir altyd ingekerf in die Clarence-gesin se lewens, maar nie as ’n gelukkige dag nie.

Hulle sal hierdie dag en ook 23 Maart nooit vergeet nie, aangesien twee geliefdes op 17 Maart weggeneem is en op 23 Maart begrawe is, slegs twee jaar uitmekaar.

Op Vrydag 17 Maart is mnr. Wynand Clarence (56) oorlede na ’n hartaanval. Sy seun, die 17-jarige Francois is presies op dieselfde dag in 2015 na ’n fratsongeluk waar hy deur weerlig raakgeslaan is, oorlede.

Clarence sou op 18 Maart sy 57ste verjaarsdag gevier het saam met sy familie, maar God het hierdie jaar ander planne vir hom gehad. Hy het sy verjaarsdag in die hemel gevier.
Volgens me. Erika Clarence, sy vrou, het Wynand skildklier probleme gehad, wat tot hartprobleme gelei het.

“Hy was ’n goeie man en ’n pa. Sy familie was sy alles en ek kon nie vir beter gevra het nie,” het Erika gesê.

Vir Erika dit is nog “unreal” dat haar seun en man op dieselfde dag gesterf het.

“Selfs Wynand se begrafnisdiens sal op dieselfde dag uit die selfde kerk as ons seun s’n twee jaar gelede, plaasvind,” het Erika gesê.

Die begrafnisdiens vind Donderdag 23 Maart om 12:30 uit die NG Kerk Panorama plaas.

Wynand, wat sy eie vervoermaatskappy gehad het, laat sy vrou Erika en sy seuns, Pieter en Carel agter.

*Francois (17) was ’n leerlinge van die Hoër Tegniese Skool (HTS) en is op Dinsdag 17 Maart in Life Cosmos Hospitaal oorlede nadat hy dieselfde dag deur weerlig raakgeslaan is. Die fratsongeluk het op die skool se A-rugbyveld gebeur, nadat Francois en die res van die eerste hokkiespan van die veld afgestap het omdat die weer begin opsteek het.

Read also:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/37846/community-mourns-the-death-of-francois/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/37914/francois-het-sy-vlerke-gekry/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/38323/tot-weersiens-francois/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/38850/francois-se-ouers-sterk-vir-ander/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/39156/skool-hou-diens-vir-francois/

Back to top button