MunicipalNews

Reën en trane is die enigste vorm van water in eMalahleni

Die dae in eMalahleni los deesdae ’n droë en donker atmosfeer in elke huishouding.

Die dae in eMalahleni los deesdae ’n droë en donker atmosfeer in elke huishouding.
Probleme met krag en water, of liewer die tekort daaraan, het die afgelope week op talle nuus platforms begin opslae maak.

Op 16 Januarie het die munisipale bestuurder, mnr. Theo Van Vuuren een van die vier sluise van Witbank Dam oopgemaak. Die damvlak was toe op 94.7% en het die inwoners nuwe hoop gegee met die waterbeperkings. Maar twee maande later is die stad in droogte gedompel.

Op 27 Januarie het Van Vuuren aangekondig oor die radiostasie, Jacaranda FM dat die water probleem uitgesorteer is en dat die oorsprong van die probleem klippe in dele van die waterpype gelê het, wat veroorsaak het dat die pype verstop was. Hy het op lug die inwoners verseker dat “alles terug na normaal is”, waarop inwoners hul opinie begin lig het na nog ’n maand verby is, sonder water en dienste.

“Dit is pateties. Hoekom moet ons almal ly onder die onbevoegdheid van die munisipaliteit? Ons betaal vooraf en as ons nie betyds betaal nie word ons dienste afgesny. Wat word gedoen om die probleem op te los? Ons het ‘n reg om te weet,” het ’n omgekrapte inwoner gesoebat en smeek.

Ander inwoners meen dat hulle bewus is en voorbereiding gedoen het vir die kragonderbrekings maar dat daar nie gesê is dat die water daagliks afgesny sal word nie.

“Ek weet ons dorp is besig om uitmekaar te val maar sodra ons enige vra vrae word daar blatant net niks gedoen om ons inwoners op datum te hou van sake nie. Ons is moeg baklei en begin dit net aanvaar. Kan die munisipale bestuurder dan nie net die ordentlikheid hê om die mense wat wel betaal vir geen dienste, in te lig van sake nie?,” het die moedelose, me. Ina van der Westhuizen aan WITBANK NUUS vertel.

Op 19 Februarie het nog ’n nagmerrie ontaard toe ’n hoofpyp van 900mm by Witbankdam gebars het. Dié het helfte van eMalahleni is sonder water gelaat vir meer as drie dae. Die probleme is al aangaande van die jaar 2012 en het volgens inwoners nog nooit verbeter nie.


Die 900mm pyp wat inwoners van eMalahleni vir meer as drie dae sonder water gelaat het. Die pyp het glo op 19 Februarie by die dam gebars.

Volgens die inwoners het hul op 21 Februarie steeds nie water gehad nie waarop Van Vuuren almal op sy sosiale blad in kennis gestel het van nog ’n pypbars.

“Die kragonderbrekings het ‘n invloed op ons waterpompstelsel en om sake te vererger het ons ervaar dat daar ’n ander pypbars op die hoof pomp van die Witbankdam gebars. Die 1200mm pyp lei na die suiweringsaanleg suiweringsaanleg,” het hy bygevoeg na die vierde dag vir sommige inwoners sonder water.

Alhoewel daar geen waterdruk in eMalahleni tans is nie, sit dit wel druk op hospitale. Mark Peach, woordvoerder van die Hospitaal Assosiasie van Suid-Afrika (HASA) het aan WITBANK NUUS hul frustrasies verduidelik.

“Hierdie jongste situasie en aanhoudende probleme maak dit ongelooflik moeilik vir hospitale en gesondheidsdienste in die gebied. Hospitale word gedwing om staat te maak en te vertrou op kragopwekkers. Sonder water kan hospitale nie hul wasserye en skoonmaak pligte bedryf nie asook nie pasiënte bad nie. Tot dusver het private hospitale dienste aan pasiënte en verbruikers behou deur hul alternatiewe kragstelsel wat verseker dat alle dienste beskikbaar is. Maar die opkomende waterkrisis vereis dat die owerhede onmiddellik moet optree.”

“Ons probeer steeds om daardeur te werk, maar het nog nie daarin geslaag nie. Op die ou einde sal ons daarin slaag, want ons is dit verskuldig aan die gemeenskap,” het Van Vuuren ten slotte gesê.

Back to top button